Die kultuurforum van Hoërskool Waterkloof streef daarna om leerders ʼn regverdige geleentheid te bied om hom-/haarself holisties in verskeie aktiwiteite te vorm en sodoende lewenswaarde en –vaardighede uit hulle ervarings te kan put. Verder moet hierdie lewenswaardes en -vaardighede toepaslik kan wees op elke leerder se pad vorentoe. Die visie is nie om ʼn leerder ʼn eng verwysing van die lewe te bied nie, maar eerder die verwysingsraamwerk te verbreed.
MISSIE
Die kultuurforum van Hoërskool Waterkloof stuur volwasse jongmense die wêreld in deur die vaslegging van:
waardigheid
deursigtigheid
deursettingsvermoë
konsekwentheid
regverdigheid
soeke na hulle volle potensiaal
uitleef van hierdie aspekte in hulle alledaagse optrede
Die kultuurforum van Hoërskool Waterkloof strewe daarna om uitnemendheid te volhou en die beste kwaliteit vir leerders te bied, om sodoende hulle talente verder te ontwikkel en te ontgin.