Hertoelating en Koshuisfooie

Hertoelating

Kriteria vir hertoelating is dieselfde as die vir aanvanklike plasing, maar koshuisleerders MOET ten minste by twee skoolaktiwiteite betrokke wees om in oorweging vir hertoelating te kom.

Die volgende meriete tabel sal gebruik word om die bestuur te help om plasings en indeling op ‘n verantwoordbare wyse en in pas met die missie, visie en doelstellings van Hoërskool Waterkloof te doen:

Bepaling 1 2 3 4 5
Koshuisdebiete 40-50 30-40 20-30 10-20 0-10
Dissipline 40-50 debiete 30-40 debiete 20-30 debiete 10-20 debiete 0-10 debiete
Kultuur Deelname aan een kultuur-aktiwiteit by die skool Deelname aan twee kultuur-aktiwiteite by die skool Provinsiale deelname / drie kultuuraktiwiteite by die skool
Sport Deelname aan een skoolsportspan A-span/eerste- span/twee skoolsportspanne Provinsiale deelname/twee A- spanne/ drie skoolsportspanne
Akademie 0 0 0 0 1 2 4 6 8 10
Gemiddelde persentasie 0-9 10-19 20-29 30-39 40-49 50-59 60-69 70-79 80-89 90-100
Totaal: 30

Koshuisfooie

Ouers is verantwoordelik vir die vereffening van die totale jaarfooi, selfs indien die leerder die koshuis gedurende die jaar verlaat. Leerders wat die koshuis gedurende die jaar verlaat, se plekke word moeilik gevul en veroorsaak dus daadwerklike koste- implikasies vir die koshuis.

Betaalprosedure: Die deposito en/of kwartaallikse bedrag kan elektronies/direk in die skoolrekening oorbetaal word.

Die bankbesonderhede is soos volg:

HS Waterkloof
Standard Bank, Centurion
Tjekrekening
Takkode: 012 645
Rekeningnommer: 271 574 194
Verw: Leerdernommer + KH

Indien die bedrag in paaiemente betaal word, moet ‘n maandelikse debietorder vir Januarie tot Oktober voltooi word.

Koshuis 2026: R51 500 per kind

BETAALBAAR SOOS VOLG:

DEPOSITO R 2 500.00 PER KIND
MAANDELIKSE DEBIETORDER IN 10 PAAIEMENTE: (Januarie tot Oktober) R 4 860 PER KIND PER MAAND
KWARTAALIKS OP DIE 1STE DAG VAN KWRTAAL 1, 2 EN 3 R 16 200 PER KIND KWARTAAL 1 , 2 en 3
BREEKSKADEDEPOSITO: SLEGS VIR NUWE LEERDERS R 500 EENMALIG
Scroll to Top