Naskoolsentrum
Dit is die skoolbestuur se oogmerk om ‘n volledige en professionele diens aan ons gemeenskap beskikbaar te stel. Leerders kan gebruik maak van rekenaars vir navorsing met internettoegang, woordeboeke, tydskrifte, ensovoorts. Daar is ook ’n drukker vir take of opdragte wat ingedien moet word en drukwerk kan teen 80c per bladsy in swart of R4 per bladsy in kleur gedruk word. Leerlinge het die geleentheid om onder toesig en met die hulp van personeel te leer of huiswerk te doen.
Studiehulp
Daar is daagliks twee gekwalifiseerde pesone, wat ‘n senior voorgraadse student insluit, beskikbaar om met huiswerk, toesig en algemene kontrole van leerders te help.
Sportbywoning
Sportbywoning geskied volgens die skoolprogram en naskoolleerders moet hiervoor by die naskool uit- en inteken. Hierdie uit- en intekenlyste word streng bygehou en nagegaan. Toesig oor klere en skooltasse is hier baie belangrik. Dit is veilig by die naskool tot ná sportoefening. Indien die leerder na 17:00 met oefening klaarmaak, moet hulle eerder hulle tasse en sakke saamneem aangesien die lokaal om 17:00 gesluit word wanneer almal verdaag.
Uittekenprosedure
Leerders teken uit by die naskool wanneer hulle ouer reeds by die sporthek/parkeerterrein of op pad en naby die skool is. Leerders wag dan verkieslik aan die binnekant van die skoolterrein totdat hulle ouers hulle oplaai.
Registrasie
Registrasie van leerders kan by die finansiële kantoor by me. Junel van Staden gedoen word of voltooi die vorm op die webblad onder Fasiliteite en stuur per e-pos na naskool@klofies.co.za.
Wanneer beskikbaar
Die naskool is gedurende alle skooldae oop, maar nie gedurende vakansies of op publieke vakansiedae nie. Wanneer die skool sluit en almal om 11:00 verdaag sluit die naskool ook om 11:00.
Fasiliteiteite
Internetfasiliteite is gratis beskikbaar vir die leerders om take te doen en inligting te bekom. ‘n Drukker is ook vir hierdie doel beskikbaar.
Dagprogram
- 14:00 – 14:30 Etenstyd (Eie kos of koop iets te ete by die snoepie)
- 14:30 – 15:30 Huiswerk/Studie
- 15:30 – 16:00 Blaaskans om badkamer of snoepie toe te gaan en ‘n bietjie te ontspan.
- 16:00 – 17:00 Verdere huiswerk of studie indien nodig.
- 17:00 Amptelike sluittyd vanaf Maandag tot Vrydag.
Naskoolbestuurder
Erika Denysschen

