WISKUNDE Gr 8 &9
VAKINHOUD
Probleemoplossing is die sentrale fokus in die onderrig en leer van Wiskunde met die spesifiek doelsrtellings: die ontwikkeling van die vermoë om logies te redeneer, te organiseer, analoë te trek en te bewys,asook die ontwikkeling van insig in ruimtelike verwantskappe en meting.
Liefde en werksetiek vir die vak word doelbewus gekweek.
SLAAGVEREISTE
40% in graad 8 & 9
VAKAKTIWITEITE
Olimpiades, Tukkie-en ander Wiskundekompetisies, Expo vir jong Wetenskaplikes, gereelde gratis ekstra klasse, privaat opsionele ekstra klassentrum op skoolterrein.
INLIGTING IVM KLEINGROEPONDERRIG(KGO)
Wiskunde word in groepe van 35 of minder aangebied. U kan aansoek doen vir die wiskunde kleingroeponderrig(KGO)
Kleingropeonderrig maak dit vir leerders mootnlik om gedurende normale skoolure, teen ekstra betaling in ‘n klas met hoogstens 21 leerders onderrig te ontvang. ‘n Hoë verrykende standard word gehandhaaf.
- Slegs beperkte aantal leerders kan geakommodeer word.
- Leerders skryf dieselfde toetse en eksamens as die ander leerders in die graad.
- Die leerders wat deel van die projek gaan wees, word as groep in die skoolrooster ingedeel.
- Die projek is nie uitsluitlik vir akademiese presteerders nie.
- Die projek win in besonder die groep leerders betrek wat teen vergoeding ekstra klasse na skool sou bywoon, maar wie se skoolprgram dit moeilik maak.
- ‘n Verpligte addisionele heffing is ter sprake. Verdere inligting rondom die inskrywing vir KGO, sal by die ouerinligtingsaande verkaf word.

