SPORTOPVOEDING
GHOLF
Die doel van Hoërskool Waterkloof se Gholfakademie is om gholfspelers en voornemende gholfspelers die geleentheid te bied om gholf as sportsoort binne ‘n goedgestruktureerde omgewing te beoefen en die voordeel van loopbaangeleenthede wat gholf bied, te ontdek.
Die Gholfakademie se oefentye word in die akademiese rooster ingebou en Wingate Park Country Club word as oefenbaan gebruik.
‘n Addisionele heffing is per jaar betaalbaar wat die volgende insluit: gholfafrigting, gholfaktiwiteite gedurende skoolure, studiemateriaal, visuele ontwikkeling, fiksheidsevaluering asook baanfooie.

