SOSIALE WETENSKAPPE
VERPLIGTE VAK – SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS EN GEOGRAFIE word as twee aparte vakke aangebied)
Leerders kan kies tussen ‘n hardekopie- of tablethandboek
GESKIEDENIS
GESKIEDENIS IS DIE STUDIE VAN DIE VERLEDE OM DIE HEDE TE VERSTAAN EN OM DIE TOEKOMS TEGEMOED TE GAAN
- GESKIEDENIS LEER JOU OM MET DIE KENNIS TOT JOU BESKIKKING TE ARGUMENTEER.
- GESKIEDENIS LEER JOU OM NAVORSING TE DOEN.
- GESKIEDENIS HELP JOU OM DIE WÊRELD TE LEER KEN SONDER OM TE REIS
- GESKIEDENIS HELP JOU OM ‘N BREË ALGEMENE KENNIS TE VERKRY
VAKINHOUD
Graad 8:
-Industriële revolusie en industrialisasie in Suid-Afrika.
-Minerale revolusie in Suid-Afrika.
-Stormloop vir Afrika: laat 19de eeu.
-Eerste Wêreldoorlog
GEOGRAFIE
GEOGRAFIE is die studie van die mens in sy omgewing. Die omgewing se invloed op die mens, sowel as die mens se invloed op die omgewing word bestudeer.
Leerders wat in die volgende beroepsrigtings belangstel sal Geografie baie nuttig vind:
Omgewingswetenskappe, Geografiese inligtingstelsels, Toerisme, Ontwikkeling, Ekonomie, Handel en Nywerheid
VAKINHOUD
Graad 8:
-Kaarte en aardbolle
-Klimaatstreke van Suid-Afrika en die wêreld
-Landelike en stedelike nedersettings
-Vervoer en handel

