KUNS EN DRAMA
VERPLIGTE VAK (SKEPPENDE KUNSTE): MUSIEK EN DRAMA ÓF KUNS EN DRAMA
SKEPPENDE KUNSTE: MUSIEK
Skeppende Kunste by Hoërskool Waterkloof word, volgens voorskrif, uit twee van drie beskikbare kunstedissiplines saamgestel. Alle leerders in graad 8 en 9 neem Drama as deel van Skeppende Kunste, en kies dan tussen Musiek (teorie) en Visuele Kuns.
Skeppende Kuns (Musiekteorie) behels algemene musiekteorie in klasverband. Hierdie vak het GEEN individuele instrumentale onderrig nie.
VAKINHOUD
Leerders word deur middel van ‘n verrykte kurrikulum in staat gestel om vanaf graad 10 met Musiek as vak te kan aangaan. Daarom word ‘n minimum standaard van UNISA Musiekteorie graad 1/2 aan die einde van graad 8 bereik, en aan die einde van graad 9 is die minimum standaard UNISA graad 2/3.
Daar word in klasverband gedifferensieer sodat gevorderde leerders in aparte groepe op hulle vlak onderrig kan word.
Die kernsillabus van Skeppende Kunste word met verrykte teorie-inhoud integreer, en leerders doen die voorgeskrewe praktiese assessering tesame met die boustene van Musiekteorie.
Omdat die “Wiskunde van musiek” eers werklik lewendig ervaar word as dit met praktiese instrumentvoordrag gekombineer word, word leerders sterk aanbeveel om Musiek Prakties as verrykingsvak saam met hierdie vak te neem.
SKEPPENDE KUNSTE: KUNS
VAKINHOUD
-Ontwerp en Visuele Kuns
-Kuns – en ontwerpbeginsels
-Kuns – en ontwerpelemente
-Tekentegnieke
-Portrette
-Selfportrette
-Rol van die kunstenaar in die samelewing én in die wêreldgemeenskap.
-Proteskuns
-Versetkuns
-Maatskaplike en omgewingskwessies
-Beeldhouwerk
-Kritiese denke en nadenkingsvaardighede.
-Herwinning
-Figuurtekeninge
KURRIKULUM
Die voorgeskrewe kurrikulum (CAPS) van die Departement van Onderwys word gevolg.
VAKAKTIWITEITE
-Teorie-eksamens in kwartaal 2 en 4.
-Leerders voltooi verskeie praktiese opdragte in hul kunsportefeuljes vir praktiese punte in kwartaal 1, 2 en 3.
-Praktiese-eksamen in kwartaal 4.
SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA
VAKINHOUD
-Dramavaardighede word ontwikkel.
-Drama-elemente word verken.
-Maatskaplike en omgewingskwessies word aangespreek.
-Kritiese denke word ontwikkel.
-Dialoë, prosa, stories, tonele en lofpoësie.
KURRIKULUM
Die voorgeskrewe kurrikulum (CAPS) van die Departement van Onderwys word gevolg.
VAKAKTIWITEITE
-Praktiese vak
-Toneelopvoerings in groepsverband.
-Voordrag van poësie.
-Dialoog
-Die strukturering van ‘n drama.
-Die skryf van ‘n resensie.
-Teorie-eksamens in kwartaal 2 en 4.
-Praktiese-eksamens in kwartaal 1, 2, 3 en 4.

