REKENINGKUNDE
VAKINHOUD
Rekeningkunde word praktykgerig aangebied en konsentreer daarop om leerders met praktiese vaardighede toe te rus om hulle beroepsgereed te maak. Leerders ontwikkel karaktereienskappe soos deeglikheid, akkuraatheid, netheid, redenasievermoë en integriteit.
KURRIKULUM
Rekeningkunde bestaan uit die versamel, rekordering en ontleding van finansiële inligting met die oog daarop om finansiële besluite te kan maak. ‘n Balans tussen teorie en die praktyk word gehandhaaf om te verseker dat ‘n leerder tot die arbeidsmark kan toetree of verder kan studeer.
VAKAKTIWITEITE
Deelname aan die Rekeningkunde Olimpiade.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
‘n Noodsaaklikheid vir enige beroep vanaf ‘n tuisteskepper [begroting] tot ‘n ouditeur [Geoktrooieerde Rekenmeester]. Verpligte vak vir enige B.Com-rigting. Dit word ook vereis vir verskeie ander studierigtings soos bv. LLB (sien inligting vanaf universiteite), die slaag van ‘n Rekeningkunde-module. Elke landsburger moet sy eie finansies kan bestuur.

