OMGEWINGSOPVOEDING

*Daar is ‘n heffing betrokke by die neem van Omgewingsopvoeding.

VAKINHOUD

Omgewingsopvoeding is ‘n verrykingsvak (keusevak) wat in graad 8 en 9 by Hoërskool Waterkloof aangebied word. Hoërskool Waterkloof is die enigste skool wat al vir 20 jaar dié vak aanbied. Omgewinsopvoeding help leerders wat Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap, Geografie, Toerisme en Ekonomie in graad 10 tot 12 neem.

KURRIKULUM

Daar is ‘n sillabus vir beide grade en die boek kan as ‘n e-boek of ‘n harde kopie verkry word. Die leerders word ook aan lewende materiaal blootgestel en baie van die aanbieding van die vak is informeel.

VAKAKTIWITEITE

Die vak word deur ‘n personeellid wat ‘n MSc in Dierkunde het aangebied en is as ‘n Professionele Wetenskaplike by die South African Council for Natural Scientific Professions geregistreer. Tog word die vak lekker, prakties en eenvoudig aangebied. Van tyd tot tyd kom kenners om ook praatjies aan te bied.

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Die vak het die saadjie geplant vir talle leerders wat later in die akademie by Universiteite en ander opvoedingsinstansies gaan werk het nadat hulle hulle studies voltooi het. Dit het hulle daaraan blootgetel om navorsing op verskeie plekke en oor verskeie onderwerpe te doen, onder andere op Marion & Gough Eilande. Hulle het hulle eie besighede as omgewinskonsultante geopen of van hulle het by soortgelyke firmas wat op die vak betrekking het, werk gekry. Een leerder het ook sy belangstelling in die omgewing aangewend om ‘n Natuurlewe-filmmaker te word. Daar was ook leerders wat in omgewingsreg gespesialiseer het. Die vak is ‘n goeie onderbou vir baie ander rigtings waarin leerders belangstel en bestudeer.

Scroll to Top