MUSIEKPRAKTIES

Graad 8- en 9-leerders ontvang nie individuele praktiese onderrig in ‘n instrument as deel van Skeppende Kunste nie, maar kan Musiek Prakties as keusevak neem. ‘n Heffing van R300 per maand wat vir 10 maande is betaalbaar is, word vir hierdie vak gehef en leerders ontvang dan individuele lesse gedurende of na skoolure. ‘n Beperkte aantal instrumente is beskikbaar by die skool en word teen ‘n billike tarief uitverhuur.

Instrumente wat aangebied word is die volgende:

  • Klavier
  • Strykinstrumente (viool, altviool, tjello, kontrabas)
  • Houtblaasinstrumente (fluit, klarinet, saksofoon, hobo, fagot)
  • Koperblaasinstrumente (trompet, Franse horing, tuba, eufonium, tromboon)
  • Klassieke en elektriese ghitaar
  • Tromstel
  • Sang

Leerders wat nie hierdie opsie wil uitoefen nie, kan teen ‘n billike tarief by die Musieksentrum vir onderrig in een of meer instrumente en musiekteorie inskryf. Die Musieksentrum funksioneer apart van die kurrikulêre Musiekdepartement en musieksentrumure is daagliks tussen 14:00 en 18:00.

NAVRAE

VIR AANDAG –

Musieksentrumbestuurder: Ilse Roos
Departementshoof Musiek: Dr Ronelle Bosman
klofies@klofies.co.za

Scroll to Top