LUGVAARTKUNDE

WAT BEHELS LUGVAARTKUNDE?

GRAAD 8

BASIESE VLIEGTUIGORIËNTERING

Kort oorsig om die leerder aan die basiese komponente, kontroles, stelsels, uitrusting, kajuituitleg en instrumente van ‘n ligte opleidingsvliegtuig bekend te stel.

BASIESE BEGINSELS VAN VLUG

Die fase behels die volgende:

  • Die atmosfeer en aërodinamiese beginsels van lugvloei.
  • Kragte wat op ‘n vliegtuig tydens vlug inwerk.
  • Hefkrag, gewig, stukrag en sleur.
  • Maneuvrering, draai en die staak.
  • Stabiliteit, kontroles en die tolvlug.

Tydens hierdie fase word die leerder ook op ‘n kort bekendstellingsvlug deur ‘n vlieginstrukteur in ‘n ligte opleidingsvliegtuig geneem.

GRAAD 9

LUGNAVIGASIE

Die aarde: Vorm, geografiese verdeling, posisiebepaling, rigtingverwysing, konvergensie, rigtingbepaling, afstandmeting, tydbepaling, die wentelbaan met sonop en sononder.

Lugvaartkaarte: Kaarteienskappe, tipe kaartprojeksies, topografiese lugvaartkaart, skaal, rigtingbepaling, kaartinformasie en simbole.

Vliegtuigmagnetisme: Ontwerp van die magnetiese kompas en kompasfoute.

Die navigasierekenskuif: Snelheidsdriehoek, praktiese gebruik van die windskaalkant en rekenaarkant.

Praktiese navigasiebeplanning: Navigasielog en kaartvoorbereiding.

VOLTOOIING VAN DIE ICAO-VLUGPLAN EN RADIOPROSEDURES

Gedurende die jaar word ‘n besoek aan ‘n lugvaartinstansie gebring. Leerders word ook toegerus met navigasieuitrusting soos: die navigasierekenskyf, navigasieliniaal, vierkantgradeboog (“protractor”) en ‘n topografiese lugvaartkaart.

KOSTES

‘n Addisionele koste word naas skoolgeld gehef.

Verdere opleiding gesteun deur afstandonderrig tot en met ‘n Privaat-vlieënierslisensie tydens graad 10, 11, en die eerste agt weke van graad 12, word deur
BLUE CHIP FLIGHT SCHOOL aangebied.

NAVRAE

Scroll to Top