LEWENSORIËNTERING

VAKINHOUD

Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot andere en tot die samelewing. Hierdie vak behandel die vaardighede, kennis en waardes oor die self, die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ‘n gesonde en produktiewe lewe, sosiale betrokkenheid, ontspannings- en fisiese aktiwiteite, loopbane en loopbaankeuses. Dit fokus nie net op kennis nie, maar dit beklemtoon ook die belangrikheid van die toepassing van vaardighede en waardes in werklike lewensituasies, deelname aan ‘n fisiese aktiwiteit en inisiatiewe.

KURRIKULUM

Dit is ‘n unieke vak wat ‘n holistiese benadering ten opsigte van die persoonlike, maatskaplike, intellektuele, emosionele, geestelike, motoriese en fisiese groei en ontwikkeling van die leerders toepas. Dit moedig die ontwikkeling van ‘n gebalanseerde en selfversekerde leer aan wat ‘n bydrae kan lewer tot ‘n regverdige en demokratiese samelewing, ‘n produktiewe ekonomie en verbeterde lewensgehalte vir almal.

NOODSAAKLIKHEID

Dié leerarea rus leerders toe om hulle talente te gebruik sodat hulle hul volle potensiaal op verskillende terreine kan ontwikkel. Dit help hulle om vaardighede te ontwikkel om gesonde verhoudings te sluit, om ‘n positiewe bydrae tot hulle gesin, gemeenskap en die samelewing te lewer en om die kernwaardes van die Grondwet van Suid-Afrika te verstaan en uit te leef.

NAVRAE

Scroll to Top