LANDBOUSTUDIES

HOEKOM LANDBOUSTUDIES?

Ons doelwit is om die leerders aan die basiese beginsels en gevoel van ons Landbou-vakgebied bloot te stel. Sodoende kan die leerders met meer sekerheid  besluit of hulle Landboutegnologie, wat vir graad 10 tot 12 aangebied word, in die toekoms wil neem.

VAARDIGHEDE WAT BEMEESTER SAL WORD:

  • Plantproduksie
  • Tuinbou
  • Lewendehawe produksie
  • Besigheidsbeginsels

BELANGRIKHEID VAN DIE VAK:

Landboustudies berei nie net die leerder voor vir verdere akademiese opleiding in ons Landbou-vakgebied nie, maar dek ook meer praktiese lewensvaardighede.

OMVANG VAN DIE VAKINHOUD:

– Basiese landboupraktyk (Werkswinkelpraktyk, omheining en grondbewerking)
– Plantproduksie (Voedselsekuriteit en saaiboerderypraktyk)
– Tuinbou (Oorplanting, plantsorg, grassny, boomsorg en landskapomskepping
– Lewendehawe produksie (Identifisering, gesondheid, anatomie, sorg, voortplanting, produkte en veiligheid van plaasdiere)
– Besigheidsbeginsels (Voorraadbestuur, bemarking, finansies en entrepreneurskap)

NAVRAE

Scroll to Top