VERRYKINGSVAKKE 2026
AFRIKAANSGELETTERDHEID
Afrikaansgeletterheid is ‘n verrykingsvak geskoei op die vaslegging/inskerping van die Afrikaans Huistaal-vakinhoud, juis gerig op diegene wat die vak uitdagend vind. Daar word op die vaslegging, begrip en toepassing van basiese begrippe, asook leesvaardigheid, gefokus.
In graad 8 word die basiese strukture onderrig, met die klem op luister-, lees-, skryf- en mondelingevaardighede in die taalleer- en kreatiewe skryfwerkkomponent. In graad 9 word die fokus weer op die basiese strukture en die uitbreiding daarvan geplaas, maar die letterkundekomponent word ook geintegreerd onderrig.
Leerders wat sukkel om Afrikaans Huistaal in graad 7 tot 9 te slaag, sal hierdie grondslag hulpvaardig vind en beslis by die inhoud baat. Kwartaallikse assesserings sal geskied om leerders se vordering en begrip to monitor. Sodoende sal die nodige bystand en leidingook aan leerders, waar nodig, gegee kan word.

