AFRIKAANS HUISTAAL
VAKINHOUD
Afrikaans word aan die hand van die KABV-vereistes onderrig en deurlopend geassesseer. Die fokus val op die vaslegging en uitbreiding van taal en geletterdheid en word deur prestasie-omskrywings gerekordeer.
KURRIKULUM
Drie groot afdelings naamlik lees, praat en skryf word onderskei, maar dit word met mekaar geïntegreer
VAKAKTIWITEITE
Nasionale Taalbondeksamen; Nasionale Afrikaanse Olimpiade; Nasionale Poort-skryfkompetisie; Internasionale Afrikaans-Ekspo, ATKV-Spelathon, ATKV-redenaars; Oppie Tong Af – redenaars, Van Huyssteens Oratorsfees; ATKV-debat. Ons neem ook aan ander vakverwante aktiwiteite deel, wat verskeie skryfkompetisies insluit.

