WISKUNDE OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID
Een van bogenoemde moet geneem word. Die standaard van Wiskunde het baie verhoog. Indien ‘n leerder minder as 40% vir Wiskunde na afloop van ‘n eksamen in graad 9 behaal, moet die leerder asseblief Wiskundige Geletterdheid in graad 10 neem. As ‘n leerder Wiskunde aan die einde van graad 9 druip, of sy punt deur die departement gekondoneer word (slaagvereiste 40%), sal Wiskunde nie in graad 10 geneem kan word nie. ‘n Leerder sal in graad 10 toegelaat word om na afloop van ‘n eksamen vanaf Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid te skuif, maar ‘n skuif van Wiskundige Geletterdheid na Wiskunde sal nie moontlik wees nie. Wiskundige Geletterdheid word aanbeveel vir ‘n leerder wat nie Wiskunde vir studie- of beroepsdoeleindes benodig nie.
WISKUNDE
(Tel vir universiteitstoelating as ten minste 50% behaal word.)
Probleemoplossing is die sentrale fokus in die onderrig en leer van Wiskunde met die spesifieke doelstellings:
- die ontwikkeling van die vermoë om logies te redeneer, te veralgemeen, te verbesonder, te organiseer, analoë te
- trek en te bewys, asook die ontwikkeling van insig in ruimtelike verwantskappe en meting. Slaagvereiste: 30%
- vir graad 10-12 en 40% vir graad 8 en 9. ‘n Liefde en werksetiek word doelbewus vir die vak gekweek.
KURRIKULUM
- Algebraïese manipulasie
- Getalpatrone
- Funksies en grafieke
- Finansiële Wiskunde
- Differensiaalrekene
VAKAKTIWITEITE
Olimpiade, Tukkie Wiskundekompetisie, Expo vir Jong Wetenskaplikes en jaarlikse wiskundeweek.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
‘n Persentasie van ongeveer 70% vir Wiskunde is ‘n voorvereiste vir verdere studie in ingenieurswese, medies, tandheelkunde, veeartseny, natuurwetenskappe, rekenaarstudie, statistiek, sekere landbou-wetenskappe, boukunde, tegnika, aptekerswese, ensovoorts. ‘n Leerder moet ongeveer 50% vir Wiskunde vir die meeste B.Com-grade behaal.
NAVRAE
Departementshoof: Wiskunde
Estelle Oberholzer
estelle.oberholzer@klofies.co.za
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
(Tel vir universiteitstoelating as ten minste 50% behaal word.)
Die bevoegdhede wat deur Wiskundige Geletterdheid ontwikkel word, laat individue toe om sin te maak van, deel te neem in en by te dra tot die wêreld van die een-en-twintigste eeu – ‘n wêreld wat deur getalle, argumente gebaseer op getalle en data wat op verskillende maniere voorgestel en verdraai is, gekenmerk word. Sulke bevoegdhede sluit in die vermoë om te kan redeneer, besluite te kan neem, probleme te kan oplos, hulpbronne te kan bestuur, inligting te kan interpreteer, lyste van gebeurtenisse te kan maak en die gebruik en toepassing van tegnologie. Leerders word blootgestel aan beide wiskundige inhoud en lewensgetroue konteks om hierdie bevoegdhede te ontwikkel. Slaagvereiste: 30%.
KURRIKULUM
- Getalle, toepassings – basiese vaardighede
- Funksies – patrone; verwantskappe; voorstellings
- Ruimte, vorm en meting, vloerplanne, modelle
- Datahantering
- Finansies – wisselkoers; rente; belasting; finansiële state; begroting
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Regte, sielkunde, joernalistiek, teologie, onderwys en al die kunste.
NAVRAE
Waarnemende Departementshoof: Wiskunde Geletterdheid
Chadri Cronje
chadri.cronje@klofies.co.za

