VISUELE KUNSTE
TOELATINGSVEREISTES
Leerders moet oor ’n kunsaanleg en kreatiewe vermoëns beskik. ’n Minimum vereiste van 60% moet in Skeppende Kunste, in die leerder se graad 9-jaar behaal word. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
KURRIKULUM
Ons dinamiese departement is betrokke by ‘n uiteenlopende verskeidenheid van kunsteorieë en praktiese komponente wat visuele kunste in ons samelewing vandag beklee.
Visuele kuns bied opwindende en uitdagende leeruitkomstes, wat konseptualisering, kunsgeskiedenis, beeldende kunste, visuele kommunikasie en visuele kultuurstudies insluit, aan.
Teoretiese en praktiese afdelings:
- Kunsgeskiedenis in graad 10 en 11 behels die internasionale kunsbewegings vanaf die ontstaan van kuns tot die 20ste eeu se kuns.
- Graad 12-kunsgeskiedenis fokus op die kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars, geïntegreerd met 20ste eeuse internasionale kunsbewegings.
- Praktiese komponente van visuele kuns sluit ’n verskeidenheid mediums en tegnieke in wat die leerder beoefen en waarin hy/sy spesialiseer.
BENADERINGSWYSE
Die ontwikkeling van ’n fantastiese kunstalent en kreatiwiteit, genotvolle kunsbeoefening, praktiese lesse en teorieklasse. Spesiale erkenning word aan leerders, wat by kunskompetisies presteer, toegeken.
VAKAKTIWITEITE
Deelname aan verskeie kompetisies, jaarlikse kunsuitstallings, eisteddfod-deelname, oorsese kunstoere, werkswinkels en nog vele meer.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Kunstenaar, modeontwerp, interieurontwerp, argitek, advertensie- en webontwerp, kunsonderwyser, kunskritikus, inligtingsontwerp en nog vele meer.
NAVRAE
Departementshoof: Kunste
Bonnie Joyce
bonnie.joyce@klofies.co.za

