TOERISME
Dit word ook as ‘n agtste vak aangebied. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Dit word as ‘n agtste vak aangebied. Dit is ‘n keusevak in graad 10, 11 en 12.
BENADERINGSWYSE
Prakties en teoreties. Portefeuljewerk wat ‘n praktiese komponent insluit.
KURRIKULUM (Graad 10, 11 en 12)
- Toerisme as ‘n interverwante stelsel met al die komponente van toerisme, rolspelers in die toerisme-
industrie en navorsing oor werks- en beroepsgeleenthede - Verantwoordelike en volhoubare toerisme, gemeenskapsdeelname, ontgin toerismepotensiaal in eie gemeenskappe, erfenisterreine en die belangrikheid van kulturele, natuurlike en geskiedkundige erfenis
- Toerisme-geografie, attraksies en neigings word bestudeer.
- Kliëntediens en kommunikasie, asook ‘n professionaliteit in ‘n toerisme konteks
- Bemark binnelandse toerisme en maak toerisme vir alle Suid-Afrikaners toeganklik, tot voordeel van die hele land.
- Wêreldtoerisme-ikone en ligging
- Vervoerdienste in Suid-Afrika en berekening van reiskoste en buitelandse valuta-berekeninge
- Evalueer die Suidelike Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande as toerismebestemmings.
- Aanbieding van globale geleenthede in ‘n toerismekonteks
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Toergids, toeroperateur, bestuur in die gasvryheidsbedryf, ontspanningsbedryf, bewarings- en ekotoerisme, sport- en rekreasiebestuur, avontuurtoerismebedryf.
NAVRAE
Departementshoof: Gasvryheid en Sosiale studies
Helena Bothma
helena.bothma@klofies.co.za

