SIVIELE TEGNOLOGIE

TOELATINGSVEREISTES

Handvaardigheid en ‘n goeie insig in tekene en ontwerp. Dit is ‘n vak wat vir universiteitstoelating tel.

SPESIALE VEREISTES

  • Leerders koop hul eie hout en benodighede vir modelle.
  • Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en IGO is verpligtend om as vakke saam geneem te word.

BENADERINGSWYSE

Liefde vir boukunde en kabinetwerk word by leerders gekweek en die gebruik van hout word aan die leerders bekendgestel. Handvaardigheid en kennis word ontwikkel sodat die leerder homself kan onderhou. Daar word op die beginsels van die boubedryf en tegnologiese prosesse gefokus. ‘n Liefde vir die vak word gekweek met die oog op daaglikse gebruik en vaardighede van byvoorbeeld die instandhouding van jou eie huis, kaste, plaveiwerk, aanbouings, loodgieterswerk, ensovoorts.

KURRIKULUM

Vaardighede om lewenskwaliteit te verhoog, entrepreneurskap, probleemoplossing in die boubedryf, elektriese stelsels, bourekenkunde, toegepaste meganika, ingenieurstekene, siviele tekene, plaas- en metaalwerk, boukunde, pleisterwerk, veiligheid, wetgewing en regulasies, bouterrein, beton, fondasies, beligting, materiale, dakke, ensovoorts.

VAKAKTIWITEITE

Baie tyd word aan die ontwerp en bou van modelle bestee. Praktiese take soos by KURRIKULUM genoem, word ook verrig.

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Argitektuur, bourekenaar, konstruksie- en projekbestuur, landmeter, landskapargitektuur, materiale ingenieur, siviele ingenieur, strukture en geboue en mynbou.

WERK- EN ENTREPRENEURSKAP MOONTLIKHEDE:

Basiese bouwerk, loodgietery, kabinetmaker, skrynwerker, vervaardiging van kombuiskaste en installasie daarvan en vele meer.

NAVRAE

Departementshoof: Tegnika
SJ Naude
sj.naude@klofies.co.za

Scroll to Top