ONTWERP

In graad 10 word ʼn oorsig gedoen oor die vier hoofontwerprigtings, nl. inligtingsontwerp, produkontwerp, oppervlakteontwerp en argitektuur. Daar word spesifiek gespesialiseer in inligtingsontwerp.

Inligtingsontwerp sluit onder andere die volgende in:

  • logo’s
  • advertensies
  • illustrasies
  • plakkate
  • konseptuele (hoe om “fantasy” te doen byvoorbeeld, die film “Avatar”)
  • tekentegnieke

TOELATINGSVEREISTES

Kreatiwiteit en ook die vermoë om buite dit wat as normaal gesien word, te kan dink. Entoesiasme speel ʼn groot rol, ook liefde vir skep, verf en teken. Aankoop van sekere materiale soos gouache, potlode, kwaste, ‘n ontwerpbord en werkboeke. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.

Daar is twee komponente, nl. PRAKTIES EN TEORIE.

PRAKTIES FASE 1

Die praktiese komponent bestaan uit ʼn werkboek waarin al die voorbereiding gedoen word. Dit sluit in breinskrum, verwysingsmateriaal, samestellings, intensie, voorstudies, tonale tekening en refleksie. Hier word ook navorsing oor ontwerp in besigheidskonteks gedoen.

PRAKTIES FASE 2

Dit is die finale produk wat in gouache op ‘n ontwerpersbord gedoen word.

TEORIE

In graad 10 en 11 handel die teorie oor:
Wat is ontwerp?

  • Die geskiedenis van die ontwikkeling van visuele kommunikasie en informasie-ontwerp
  • Kan ontwerp die gemeenskap tot voordeel strek?
  • Produkontwerp en bruikbaarheid
  • Antieke samelewings en die ontstaan van die alfabet
  • Nywerhede en nuwe tegnologie
  • Ontwerpbewegings
  • Suid-Afrikaanse ontwerpers
  • Internasionale ontwerpers

In graad 12 handel die teorie oor:

  • Hersiening van ontwerpbewegings wat in graad 10 en 11 gedoen is
  • Ontleding van advertensies
  • Suid-Afrikaanse en internasionale ontwerpers
  • Die ontwerper se verantwoordelikheid ten opsigte van omgewingskwessies en volhoubare ontwerp

VAKAKTIWITEITE

Daar word aan verskeie kompetisies deelgeneem, waarvoor erkenning gegee word. Die jaarlikse groot Kuns-en-
Ontwerp-uitstalling en vele meer.

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Reklame-ontwerp, animasie, digitale ontwerp, film en video, grafiese ontwerp, handelsmerkkommunikasie-
ontwerp, industriële ingenieurswese, argitektuur, stedelike en landskapsontwerpers, binnehuiseontwerp, tekstielontwerp, modeontwerp, juweliersontwerp, illustreerders, verpakkingsontwerp, fotograwe, multimedia en vele meer.

NAVRAE

Departementshoof: Kunste
Bonnie Joyce
bonnie.joyce@klofies.co.za

Scroll to Top