MUSIEK

TOELATINGSVEREISTES

Musiek is ʼn universiteitstoelatingsvak en tel vir TPT-punte. Musiek as vak is ʼn sterk aanbeveling vir studierigtings soos ingenieurswese en medies omdat ʼn voornemende student akademiese veelsydigheid en selfdissipline as gesogte uitkomste vir hierdie vak aanleer.

Dit is ongelukkig nie moontlik vir ʼn leerder om in graad 10 eers met Musiek as vak te begin nie; daarom is alle voornemende kandidate onderworpe aan ʼn keuringsproses. Leerders wat minder as 65% in graad 9 behaal het, word nie aanbeveel om in graad 10 met Musiek aan te gaan nie.

Leerlinge wat alreeds in graad 8 en 9 Musiek as vak geneem het, word op grond van prestasie in die vak gekeur, andersins word aanbeveel dat ʼn leerder op minimum graad 3 praktiese en teoretiese vlak moet wees om sukses te behaal.

ʼn Addisionele heffing word naas skoolgeld gehef.

Musiek word nie as agtste vak aangebied nie.

BELANGRIK OM TE WEET

Leerders het die opsie om eksterne praktiese en/of teoretiese eksamens van UNISA, Associated Board of the Royal Schools of Music (ABRSM) en/of Guildhall Trinity College of Music af te lê. Slegs een instrument word saam met die relevante teoretiese komponente aangebied, maar leerlinge wat ʼn tweede instrument (buitemuurs) neem kan dit ook as deel van die praktiese komponent van die vak aanbied.

Dink hieroor na – leerlinge wat nie ʼn voltydse loopbaan in musiek wil volg nie, het die geleentheid om, as deel van ʼn algemene skolastiese opleiding, Musiek in al sy fasette as ʼn skoolvak te ervaar. Dit is ʼn gulde geleentheid wat in min skole aangebied word. Leerlinge wat wel musiek as loopbaan oorweeg, word hier deeglik voorberei vir hulle musiekstudies.

Leerlinge wat klavier as instrument wil neem, moet ʼn klavier (verkieslik nie ‘n klawerbord nie) tuis beskikbaar hê om daagliks op te oefen.

Orkesinstrumente is by die skool te huur, maar dit is tot die leerders se voordeel om elkeen sy eie instrument te besit om daagliks op te oefen. Ons beveel aan dat viool of tjello nie eers in graad 10 aangepak word nie, maar sommige blaasinstrumente leen hulself wel daartoe om later te begin.

DOELWITTE

Om kennis op te doen ten opsigte van:

  • Voordragtegniek en verhoogetiket
  • Ensemblespel
  • Komposisie/verwerking
  • Luistervaardighede
  • Musiekgeletterdheid
  • Algemene musiekkennis

VAARDIGHEDE EN KENNIS

Musiek behels die volgende aktiwiteite in ‘n geïntegreerde program:

  • Musiekvoordrag: solo- en groepwerk
  • Algemene musiekkennis
  • Komposisie, verwerking, improvisasie
  • Studie en analise van musiekstyle binne verskillende musiekkulture
  • Musiekgeletterdheid
  • Musiektegnologie
  • Navorsingsprojekte

INSTRUMENTE VIR PRAKTIESE VOORDRAG

  • Sang (alle stemtipes, klassiek en kontemporêr)
  • Klavier, klawesimbel, kitaar (akoesties en elektries), tromstel
  • Koperblasers: Franse horing, skuiftrompet, tuba, trompet, eufonium
  • Houtblasers: dwarsfluit, klarinet, hobo, fagot, saksofoon (alt en tenoor)
  • Strykers: viool, altviool, tjello, kontrabas

Onderrig in praktiese voordrag vind individueel tydens skoolure en na skoolure plaas. Instrumentspesialiste word, waar nodig, deeltyds gebruik.

VAKAKTIWITEITE

  • Leerlinge woon, waar moontlik, etensuurkonserte by die Universiteit van Pretoria by.
  • Konserte, soos die Promenadekonsert en Tres Scholarum, vind elke jaar plaas.
  • Eksamenkonserte en voorspeelklasse vir elke graad word in die vorm van ‘n konsert aangebied.
  • Verskeie ensemblegroepe, soos ‘n strykkwartet, jazz-ensemble, ghitaarensemble en boere-orkes is deel van die praktiese aktiwiteite. Dit is trouens verpligtend vir alle musiekleerders om lid van ʼn ensemble te wees.
  • Alle leerders wat ʼn orkesinstrument bespeel, het die geleentheid om lid van die konsertorkes te wees.
  • Besoekende kunstenaars bied op ʼn gereelde basis meesterklasse tydens skoolure aan.
  • Die Klofie-Kunstefees word elke jaar vroeg in die derde kwartaal aangebied.
  • Deelname aan eisteddfods en eksterne eksamens word aangemoedig en ondersteun.
  • Die dienste van ‘n professionele begeleier word

NAVRAE

Departementshoof: Musiek
Dr. Ronelle Bosman
ronelle.bosman@klofies.co.za

Scroll to Top