LANDBOUTEGNOLOGIE
HOEKOM LANDBOUTEGNOLOGIE?
- Landboutegnologie bied aan leerders die geleentheid om die tegnologiese prosesse toe te pas om sodoende praktiese projekte te kan ontwerp en bestuur, om toerusting te herstel en te onderhou, asook om strukture in die landbouomgewing te ontwerp en bou.
- Die vaardighede wat in die vak verwerf word, is nie net landbougeoriënteerd nie, maar is ook in ‘n tegniese omgewing van toepassing.
VAARDIGHEDE SOOS DIE ONDERSTAANDE WORD BEMEESTER:
- Om probleme te identifiseer en op te los deur van die tegnologiese prosesse en relevante wetenskaplike
beginsels gebruik te maak - Om die veiligheidsreëls en regulasies binne die landbouomgewing, volgens die Wet op Beroepsgesondheid
en -veiligheid (Wet 85 van 1993), toe te pas - Basiese operasionele kennis en die gebruik van landbougereedskap, -toerusting en -masjinerie wat
tydens die produksie en prosessering van kos en vesel gebruik word - Effektiewe kommunikasievaardighede soos verbale-, geskrewe- en visuele kommunikasie
- Effektiewe gebruik van rekenaartegnologie om landboutoerusting te meet
- Konstruksie, oprigting en onderhoud van landbougeboue en -strukture
- Onderhoud en herstel van landbouimplemente en -masjinerie
- Energiebeginsels en hul toepassing in landbou
- Beplanning, konstruksie en onderhoud van dierehanteringsfasiliteite wat vir effektiewe dierproduksie
benodig word - Veilige en effektiewe gebruik van landboutoerusting wat in gewasproduksie, tuinbou, boorde en wingerde
gebruik word - Voergewasse en bosbou
- Beplanning, ontwerp en onderhoud van makro- en mikrobesproeiing en akwaponiese sisteme
- Kalibrasie en berekeninge in die landbouomgewing
Geskikte vakkombinasies in ‘n skool wat nie suiwer landbougerig is nie:
Wetenskap en Wiskunde word NIE vereis NIE; Wiskundige Geletterdheid is voldoende.
| VERPLIGTE VAKKE | KOMBINASIE 1 | KOMBINASIE 2 | KOMBINASIE 3 |
|---|---|---|---|
| Taal 1: Taal van onderrig en leer | Landboutegnologie | Landboutegnologie | Landboutegnologie |
| Taal 2: FAL / HL | IGO | Besigheidstudies | Fisiese Wetenskappe |
| Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid | Besigheidstudies | RTT | Lewenswetenskappe |
| Lewensoriëntering |
OMVANG VAN DIE VAKINHOUD:
- Veiligheid: Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, werkswinkelscenario, vuurvoorkoming, elektriese veiligheid
- Materiale/strukture: metale, hout, geboue, konstruksie, heinings
- Energie: elektries, gemotoriseerd, alternatief (wind en son), bio-energie
- Konstruksieprosesse: boogsweis, sagte soldering, harde soldering
- Alle toerusting relevant tot die bogenoemde
- Besproeiing: pompe, sisteme, dreinering
- Kommunikasie: die gebruik van IT, rekenaars, ensovoorts
- Sketse: vrye hand, IGO, interpretasie van bouplanne
- Sagteware tekenprogramme, ontwerp
- Meting/berekeninge: totaal van materiale en verwante kostes
BELANGRIKHEID VAN DIE VAK VIR DIE LEERDERS
- Leerders word met skaars vaardighede toegerus.
- ‘n Uitgebreide keuse werksgeleenthede word vir die leerders beskikbaar.
- Tersiêre opleiding is nie nodig nie; die leerders kan dadelik, na skool, die beroep betree.
- Daar word voorsiening gemaak vir leerders wat praktiese onderrig verkies.
NAVRAE
Nico Pretorius
nico.pretorius@klofies.co.za

