IT – INLIGTINGSTEGNOLOGIE
TOELATINGSVEREISTES
Die leerder wat hierdie vak kies moet ‘n goeie punt in Wiskunde in graad 9 behaal. Dit is ‘n goeie maatstaf om te bepaal of dit binne sy/haar belangstelling val. Inligtingstegnologie word as vak aanbeveel waar die leerder beplan om ‘n rigting te volg wat te doen het met probleemoplossing, ingenieurswese, aktuarieel, informatika en stelselbeheer. Die vak word ook as agtste vak aangebied. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
KURRIKULUM
Dit bestaan uit ‘n praktiese en teoretiese komponent. Prakties – programmering in Delphi waar alle basiese programmeringsvaardighede aangeleer word. Teorie – sien fokusareas.
BENADERINGSWYSE
Die klem is op probleemoplossings deur logiese denke, inligtingsbestuur en kommunikasie. Dit fokus ook op die ontwikkeling van rekenaartoepassings deur gebruik te maak van bestaande programme, soos Delphi vir die skryf van programme. Die vak ontwikkel ook ‘n bewustheid en verstaan van die sosiale, ekonomiese en ander implikasies van die rekenaar op die leefwêreld van die mens.
FOKUSAREAS
Die vak het ‘n praktiese en ‘n teoretiese komponent, wat in die volgende onderwerpe vervat word:
- Hardeware en stelselprogrammatuur – Die leerder verstaan en gebruik rekenaargebaseerde tegnologie.
- Elektroniese kommunikasie – Die leerder is in staat om verskillende rekenaartoepassings kreatief vir elektroniese kommunikasie aan te wend.
- Sosiale en etiese kwessies – Die leerder is in staat om die impak van rekenaartegnologie op die sosio- ekonomiese, omgewings-, politieke en etiese vlakke krities te analiseer.
- Programmering en sagteware ontwikkeling – Die leerder is in staat om effektiewe oplossings vir probleemstellings te ontwerp, te toets en te lewer deur van Delphi, Sigblad- en Databasisverwerking gebruik te maak.
NAVRAE
Departementshoof: IT & RTT
Carina Taute
carina.taute@klofies.co.za

