INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP (IGO)
TOELATINGSVEREISTES
‘n Gesonde belangstelling in teken en ontwerp met ‘n besliste tegniese belangstelling. ‘n Goeie akademiese rekord met Wiskunde as aanbeveling. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
SPESIALE VEREISTES
Leerders wat die vak neem moet die verpligte voorgeskrewe antwoordlêer, handboek, tekengereedskap en tekenbord aankoop alvorens met die vak begin word. Laasgenoemde is by die skool se boekwinkel beskikbaar.
BENADERINGSWYSE
Voorwerpe uit die omgewing en nywerheidswêreld word gekonstrueer, meetkundig bepaal, drie- dimensioneel voorgestel, ontwikkel, ensovoorts. Fisiese gebruik van tekengereedskap en –bord word vereis.
KURRIKULUM
- Interpretasies, konstruksies, tekenvaardighede, projeksies, prentaansigte, skaaltekene: meganiese samestellings en siviele werkstekene, perspektief en 3D-tekene
- Blootstelling aan ‘n CAD-tekenprogram deur middel van kursusse wat van tyd tot tyd aangebied word
VAKAKTIWITEITE
Kopieer en vervaardig modelle, bring die praktyk na die klaskamer met behulp van navorsing en praktiese take.
Probleemidentifisering en –oplossing. Ontwerpproses en tekenuitlegte.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Alle ingenieursrigtings, argitektuur, ingenieursontwerper, tekenaar, opmeter, bourekenaar en nog vele meer. Universiteitgraadkursusse, uitstekende entrepreneursmoontlikhede, soos byvoorbeeld die teken van huisplanne, ontwerpe, ensovoorts.
NAVRAE
Departementshoof: Tegnika
SJ Naude
sj.naude@klofies.co.za

