GESKIEDENIS

Dit word ook as ‘n agtste vak aangebied. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.

Geskiedenis is op nasionale vlak een van die matriekvakke met die meeste leerders en ons is opgewonde oor die belangstelling in die fassinerende vak. Dit is tans ‘n keusevak met groeiende getalle. Daar word hoofsaaklik op twee vlakke naamlik brongebaseerde – en opsteltipevrae gewerk. In Geskiedenis bemeester leerders die vaardighede om hul eie kennis sowel as bronne te gebruik om te kan interpreteer.

Leerders moet daarop let dat VAARDIGHEDE vir die skryf van ‘n argument ‘n vaardigheid is wat reeds in graad 10 aangeleer moet word.

Kurrikuluminhoud is as volg:

Graad 10: Die wêreld rondom 1600 (Songhai, Mongoolse Indië, ens,), Europese uitbreiding, Franse Revolusie, transformasie in Suid-Afrika na 1750, koloniale uitbreiding en die Suid-Afrikaanse Oorlog.

Graad 11: Kommunisme in Rusland (1900-1940), Kapitalisme in VSA (1900-1940), idees rondom ras:
Australië en Nazi-Duitsland, Nasionalisme: Suider-Afrika en die Midde-Ooste, en Apartheid in Suid-Afrika (1940-1960).

Graad 12: Die Koue Oorlog: China, Kubaanse Missielkrisis, VSA Burgerlike samelewingsprotes (1950-1970), Burgerlike weerstand in Suid-Afrika 1970-80, die koms van demokrasie in Suid-Afrika, Waarheids- en Versoeningskommissie, die einde van die Koue Oorlog en ‘n Nuwe Wêreldorde.

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Die vaardighede wat in geskiedenis aangeleer word, is ‘n groot aanwins vir universiteitstudies. Die vaardigheid om opstelle te skryf is veral belangrik, aangesien die meeste rigtings vereis dat opstelle tydens toetse en eksamens geskryf moet word.

Beroepsmoontlikhede: Toergids, toeroperateur/reisagent, joernalis, museumkurator/personeel, onderwyser, prokureur en enige beroep in die regsveld, navorser, antropoloog, historikus, argivaris, skrywer, besigheidsanalis en vele meer.

NAVRAE

Departementshoof: Gasvryheid en Sosiale studies
Helena Bothma
helena.bothma@klofies.co.za

Scroll to Top