GEOGRAFIE
Dit word ook as ‘n agtste vak aangebied. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
BENADERINGSWYSE
Geografie stel leerders in staat om verskynsels, prosesse en ruimtelike patrone te verklaar. Leerders leer om ingeligte besluite te neem, veral oor die veranderende omgewing. Klem word op volhoubare ontwikkeling en die toepassing van geografiese vaardighede gelê. Geografiese inligtingstelsels is ‘n opwindende nuwe veld wat as onderafdeling van die kaartwerk geïnkorporeer word en word graag aanbeveel vir leerders wat belangstelling en vaardigheid in inligtingstegnologie en rekenaarvaardighede het.
Geografie is ‘n vak wat dit vir leerders moontlik maak om universiteitstoelating te verwerf. Die meeste Amerikaanse universiteite vereis ‘n sosiale wetenskap, soos Geografie, as ‘n toelatingsvereiste.
KURRIKULUM
Die vak bestaan hoofsaaklik uit twee komponente naamlik teorie en kaartwerkvaardighede. Daar word volgens Bloom se taksonomie op hoofsaaklik drie vlakke gewerk, naamlik waarneming, verklaring en interpretasie.
Geografie is ‘n mens- en omgewingswetenskap wat baie goed skakel met Lewenswetenskap, Ekonomie, Fisiese Wetenskap, RTT en IT, Omgewingstudies en Toerisme.
Graad 10: Kaartwerk, klimatologie, geomorfologie, bevolkingsgeografie, watermassas, ens.
Graad 11: Kaartwerk, klimatologie, geomorfologie, ontwikkeling en volhoubaarheid, hulp-bronne, ens.
Graad 12: Kaartwerk, klimatologie, geomorfologie, nedersettingsgeografie en ekonomiese geografie van Suid-Afrika.
Nuusgebeure van geografiese belang word in die klas hanteer. Leerders moet daarop let dat KAARTWERKVAARDIGHEDE hoofsaaklik in graad 10 afgehandel word en dat slegs toepassing van die teorie in graad 11 en graad 12 behandel word. Leerders moet oor basiese berekeningsvaardighede beskik om kaartwerk te kan doen.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Geografiese inligtingstelsels, omgewingsimpakspesialis, kartograaf, stads- en streeksbeplanner, geomorfoloog, geoloog, marine-bioloog, klimatoloog, (weervoorspelling), toergids/veldgids, toeroperateur/reisagent, joernalis, museumkurator/personeel, onderwys, toerisme, argitektuur, vlieënier, ingenieur, ens.
NAVRAE
Departementshoof: Gasvryheid en Sosiale studies
Helena Bothma
helena.bothma@klofies.co.za

