AKADEMIESE BESONDERHEDE
VAKKEUSES GRAAD 10 TOT 12
18. GASVRYHEIDSTUDIES
TOELATINGSVEREISTES
‘n Beperkte aantal leerders kan, na gelang van die beskikbare infrastruktuur, toegelaat word. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
SPESIALE VEREISTES
Leerders is verplig om na-ure prakties tydens restaurantaande te doen.
BENADERINGSWYSE
Stel die leerders in staat om:
- vaardig te wees in die voorbereiding van voedsel en om kreatief te wees met die opdien daarvan.
- basiese entrepreneurskap in die voedselbedryf te ontwikkel.
- kulturele verskille in kulinêre studies aan te spreek en
- om tegnologie tot voordeel van die omgewing, gesondheid en veiligheid van ander mense in die hotelbedryf aan te wend.
- Die vak bevorder spanwerk, selfdissipline en onafhanklikheid.
VAKAKTIWITEITE
- Voedselvoorbereiding en diens in die opleidingsrestaurant.
- Uitstappies na instansies wat verband hou met die gasvryheidsbedryf.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Chef de Cuisine, verskillende sjefposisies, hotelbestuur en enige ander betrekking in ‘n hotel, buitelandse poste in die hotelbedryf, entrepreneursmoontlikhede, soos eie restaurant, koffiehuis, gastehuis, spyseniering, ensovoorts.
Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
NAVRAE
Departementshoof: Gasvryheid en Sosiale studies
Helena Bothma
helena.bothma@klofies.co.za

