FISIESE WETENSKAPPE
TOELATINGSVEREISTES
Fisiese Wetenskappe in graad 10 word aanbeveel vir leerders wat in graad 9 die fisika- en chemie- afdeling van Natuurwetenskappe op minstens vlak 3 geslaag het. WISKUNDE IS VERPLIGTEND. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
BENADERINGSWYSE
Fisiese Wetenskappe ondersoek fisiese en chemiese verskynsels. Dit word gedoen deur wetenskaplike ondersoeke, toepassing van wetenskaplike modelle, teorieë en wette om gebeurtenisse in die fisiese omgewing te verklaar en te voorspel.
Die vak spreek ook die gemeenskap se behoefte aan om te verstaan hoe die fisiese omgewing werk sodat hulle voordeel daaruit kan trek en ook verantwoordelik daarna kan omsien.
Die doel van Fisiese Wetenskappe is om leerders toe te rus met ondersoekvaardighede met betrekking tot fisiese en chemiese verskynsels, bv. weerlig en oplosbaarheid. Voorbeelde van sommige vaardighede wat relevant is tot die studie van Fisiese Wetenskappe is klassifisering, kommunikasie, meting, ontwerp van ‘n ondersoek, gevolgtrekkings maak en evalueer, modelle formuleer, stel van hipotese, identifikasie en beheer van veranderlikes, afleidings maak, waarneming en vergelyking, interpretasie, voorspelling, probleemoplossing en bepeinsing.
Fisiese Wetenskappe bevorder kennis en vaardighede in wetenskaplike ondersoeke en probleemoplossing: die konstruksie en toepassing van wetenskaplike en tegnologiese kennis; ‘n begrip van die aard van wetenskap en die verhouding met tegnologie, die gemeenskap en die omgewing.
KURRIKULUM
- Meganika
- Golwe, klank en lig
- Elektrisiteit en magnetisme
- Materie en verbindings
- Chemiese veranderinge
VAKAKTIWITEITE
Wetenskap Olimpiade en Expo vir Jong Wetenskaplikes.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Om ʼn BSc in Fisiese en Chemiese Wetenskappe te werf, bied ‘n diverse loopbaangeleenthede binne verskeie industrieë en organisasies, soos:
- Petrochemiese Industrie (SASOL, AECI, OMNIA, Sentrachem, SAB)
- Universiteite en hoërskole
- Regeringsorganisasies (SABS, MRC, NECSA, MINTEK)
- Farmaseutiese nywerhede
- Waterrade
- Forensiese laboratoriums
- Tekstielbedryf
- Landbousektor
- Plant- en prosesbestuurders
- Laboratorium-assistente
- Chemiese analis/modulator
NAVRAE
Departementshoof: Fisiese Wetenskappe
Elsana Denysschen
elsana.denysschen@klofies.co.za

