EKONOMIE
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Ekonomie is ‘n keusevak vanaf graad 10. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.
BENADERINGSWYSE
Ekonomie is ‘n dinamiese, toekomsgerigte vak waar aktuele ekonomiese aangeleenthede soos bv. die invloed van inflasie, rentekoerse, wisselkoerse, die petrolprys, die goudprys, stakings, ensovoorts op ons land se ekonomie en sy mense, krities ondersoek en bespreek word.
KURRIKULUM
Dit bestudeer deelnemers aan die ekonomie wat huishoudings, besighede en die owerheid insluit, produksie van goedere en dienste; huidige ekonomiese struktuur van Suid-Afrika, nasionale inkome, prysvorming, ekonomiese ontwikkeling, internasionale ekonomie en die rol van die regering.
VAKAKTIWITEITE
Sakepublikasies soos Finweek, powerpoint-aanbiedinge, direkte internetverbinding saam met die gebruik van ‘n data-projektor vir direkte nuusgebeure en DVD’s word deurentyd gebruik om op hoogte van verwikkelinge in die wêreldekonomie te bly. Aktiewe deelname van leerders is spontaan omdat hulle geprikkel word deur die impak van ekonomiese gebeure op die alledaagse lewe. Bywoon van seminare, soos bv. die begrotingspraatjie aangebied deur die Efficient Groep, asook deelname aan die SARB se monetêre beleid-kompetisie.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Ekonoom, onderwyser, effektemakelaar, bankier, personeelbestuurder, sakebestuurder, staatsaanklaer, eie
besigheid (entrepreneur), toerismebestuur, statistikus, portefeuljebestuurder.
Die sillabus wat op skool in Ekonomie gevolg word, sal ‘n groot aanwins wees wanneer jy Ekonomie op universiteit neem. Jy sal wel ‘n deeglike agtergrond van Ekonomie hê, wat op universiteit sal help. Wanneer jy die volgende kursusse oorweeg, word Ekonomie as vak ingesluit: B.Com, B.Prok., aktuaris, ingenieurswese en nog vele meer.
NAVRAE
Departementshoof: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Heidi Ribbens
heidi.ribbens@klofies.co.za

