DRAMATIESE KUNSTE

WAT BEHELS ONS VAK?

Om voor ‘n groep mense te praat, veral as hulle onbekend is, is seker een van die senutergendste dinge wat daar is. Wat dit soveel meer intimiderend maak, is die wete dat die eindresultaat wat jy, of ander, graag sal wil hê, afhang van die wyse waarop jy jouself gaan uitdruk.

Die primêre doelwit van Klofies se Drama Departement is om ons kinders te help om hulle kommunikasievaardighede en –vermoëns te ontwikkel en te verbeter (wat noodsaaklik is om sukses in elke aspek van die lewe te behaal).

Die doelwit wat egter parallel met die bogenoemde loop, is om ‘n platform vir leerders wie se passie die verhoog en filmkamera is, te bied.

Dit is ook belangrik om te onthou dat Dramatiese Kunste ’n universiteitstoelatingsvak is, wat ‘n praktiese en teoretiese afdeling het.

“Talkers have always ruled. They will continue to rule. The smart thing is to join them.” – Bruce Barton

GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12
Breë onderwerp 1: Persoonlike hulpbronontwikkeling (20%)
  • Improvisasie en ensemblespel
  • Verkenning van stem en verbale kommunikasie- vaardighede.
  • Verkenning van fisiese en nieverbale kommuni- kasievaardighede.
Nota: Fokus is op die verkenning van kommuni- kasie-instrumente.
  • Improvisasie, werkswinkel en ensemblespel
  • Stemontwikkeling en verbale kommunikasie- vaardighede.
  • Fisiese ontwikkeling en nieverbale kommuni- kasievaardighede.
Nota: Fokus is op die begrip, ontwikkeling, instandhouding en verbetering van vaardig- hede vir kommunikasie, interpretasie en uitdrukking.
  • Improvisasie vir aanbieding
  • Vokale en fisiese integrasie vir opvoering.
Nota: Fokus is op integrasie van alle vaardighede van vertolking, uitdrukking en kommunikasie in die aan-bieding van finale programme.
Breë onderwerp 2: Toneelspel en aanbieding (30%)
  • Handeling en reaksie in individuele werk en groepwerk
  • Basiese toneelspelinstru- mente (karakter, subteks, interaksie, ruimtelike bewussyn, ens.) in geskrewe en ongeskrewe werk
  • Interpretasie van tekste
  • Improvisasie- en werkswinkelvaardighede
  • Speel ‘n karakter in ge- skrewe en ongeskrewe individuele werk en groepwerk
  • Speel binne ‘n spesifieke (realistiese/verhewe) styl in geskrewe en onge- skrewe individuele werk en groepwerk
  • Fisiese storievertelling
  • Tegnieke vir gestroopte/ Arm Teater.
  • Geïntegreerde aanbieding van drie kontrasterende stukke, wat ten minste EEN individuele en EEN groepstuk insluit, in ‘n oudisie- of temaprogram.
  • Toon bemeestering van ten minste DRIE kontras- terende style en vorms (liries, narratief en dramaties) in stukke en/of oorgange.
  • Demonstreer vokale en fisiese vertolking en karakterisering van tekste.
Breë onderwerp 3: Opvoeringstekste in konteks (40%)
  • Suid-Afrikaanse mondelinge opvoerings- vorms
  • Suid-Afrikaanse werkswinkelteater
  • Suid-Afrikaanse teatertekste
  • Westerse/Oosterse opvoerings: vroeë vorms
  • Oorsprong van teater in rituele
  • Griekse teater en teks
  • Commedia dell’arte en teks.
  • Suid-Afrikaanse teatertradisies
  • Hibridiese aard van Suid- Afrikaanse teater
  • Teater met ‘n spesifieke agenda: soos protesteater, gemeenskapsteater en werkersteater.
  • Suid-Afrikaanse teatertekste
  • Weergewende en voorstellende teater
  • Realistiese teater en teks
  • Gestileerde teater en teks, Elisabethaanse.
  • Kontemporêre Suid- Afrikaanse teater
  • Teater van 1960 – 1994, en teks
  • Teater van Post-: 1994 tot vandag, en teks
  • Twintigste eeuse teaterbewegings, en verder
  • Oorsig oor twintigste eeuse bewegings
  • Absurde teater met geskikte teaterteks
Breë onderwerp 4: Teater- en/of filmproduksie (10%)
  • Beginsels en elemente van drama
  • Basiese ontwerpelemente (die visuele en klankwêreld van die toneelstuk)
  • Verhoog- en/of filmkonvensies
  • Die rol van die ontwerper in teater en/of film
  • Die rol van die regisseur in teater en/of film
  • Die produksieproses (insluitend die bemarking van die produksie, ens.)
  • Integrasie van ontwerp (verwant aan finale aanbieding/opvoering)
  • Die rol van die dramaturg (geïntegreer in die studie van tekste in konteks)
  • Die rol van die gehoor (insluitend die teaterresensent, geïntegreer in die studie van tekste in konteks)

NAVRAE

Departementshoof: Kunste
Bonnie Joyce
bonnie.joyce@klofies.co.za

Scroll to Top