DANSSTUDIES

TOELATINGSVEREISTES

Leerlinge kan nie in graad 10 eers met Dans as vak begin nie, daarom is alle voornemende kandidate onderworpe aan ‘n keuringsproses. Leerlinge wat alreeds in graad 8 en 9 Dans as vak geneem het, word op grond van prestasie in die vak gekeur, andersins word aanbeveel dat ‘n leerder op minimum graad 5 of Intermediate Foundation praktiese vlak moet wees om sukses te behaal.

Voldoende talent, fokus en doelgerigtheid is ‘n voorvereiste. Oudisies word afgelê. ‘n Addisionele heffing word, naas skoolgeld, gehef. Ekstra buitemuurse balletklasse is verpligtend omdat kontaktyd tydens skooltyd onvoldoende is. Leerders moet ‘n goeie agtergrond in Dans, in genres soos ballet of modern, hê.

Dans word nie as agtste vak aangebied nie.

KURRIKULUM

  • Dansvoordrag
  • Choreografie en groepwerk
  • Improvisasie
  • Klassieke ballet vorm steeds die basis van die vak
  • Inheemse danse word tot die sillabus toegevoeg
  • Buitemuurse balletklasse is verpligtend.

DOELSTELLINGS

Die skep en aanbied van dansproduksies vorm ‘n belangrike komponent van hierdie vak. Ontwikkeling van verskillende danstegnieke en dansstyle soos kontemporêr, jazz en ballet – Die leerder moet vaardighede aanleer om haar styl en tegniek te verbeter. So word sy ‘n beter danser. Reflekteer die teorie van dans met betrekking tot musiek, dansgeskiedenis en gesondheidsorg.

Demonstrasie van verskeie kulture se inheemse dansvorms. Die leerder sal op klassieke ballet konsentreer, maar ook kennis bekom en vaardighede van inheemse dansvorms leer.

Om leerders te begelei tot hoër kennisvlakke en ‘n grondige insig en begrip van die basiese beginsels van die vak sodat dit hom/haar vir verdere opleiding/studies sal voorberei en toerus. Dit is ook belangrik om te onthou dat Dansstudies ’n universiteitstoelatingsvak is, wat ‘n praktiese en teoretiese afdeling het.

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Dansonderwyser, danseksaminator, fotograaf, choreograaf, repetiteur danser, dansresensent, dansjoernalis, verhoogbestuurder, kostuumontwerper, fisioterapeut, persoonlike instrukteur, pilatesinstrukteur, joga-
instrukteur, biokinetikus en vele meer.

NAVRAE

Dansdepartement
Michelle Naude
michelle.naude@klofies.co.za

Scroll to Top