BESIGHEIDSTUDIES

TOELATINGSVEREISTES

Geen. Dit word ook as ‘n agtste vak aangebied. Dit is ‘n universiteitstoelatingsvak.

BENADERINGSWYSE

Die leerders word na elke lesaanbieding die geleentheid gegee om praktykgerigte werksopdragte te voltooi.
Verskeie assesseringsmetodes word gebruik.

KURRIKULUM

Besigheidstudies behels byvoorbeeld:

  • Hoe om ‘n sakeplan op te stel
  • Hoe om jou eie onderneming te begin
  • Verskillende tipe ondernemingsvorme en hoe dit opgerig word
  • Watter wette jou as entrepreneur raak
  • Wat etiese en professionele gedrag is
  • Wat kreatiewe probleemoplossing is
  • Wat menslike hulpbronne is vanaf onderhoudvoering tot die indiensnemingskontrak

VAKAKTIWITEITE

Praktiese opdragte sodat die leerders die praktyk kan beleef en sodoende toegerus kan wees vir die toekoms.
Deelname aan die ABSA-Entrepreneurskapkompetisie en aandele-speletjiekompetisie.

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Entrepreneur, menslike hulpbronbestuurder, bemarkingsbestuurder, aankoopbestuurder, produksie-bestuurder,
finansiële bestuurder en vele meer.

NAVRAE

Departementshoof: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Heidi Ribbens
heidi.ribbens@klofies.co.za

Scroll to Top