ALPHA WISKUNDE (SLEGS AS AGTSTE VAK AANGEBIED)

Alpha Wiskunde tel nie vir universiteitstoelating nie en dit word nie vir TPT-telling gebruik nie.

Presteer jy in Wiskunde? Wil jy graag meer van komplekse getalle, differensiasie, integrasie, radiaal maat, trig-
onometrie, matrikse, vektore en ander baie mooi Wiskunde weet? Sê jy ja, dan wil ons jou uitnooi om in graad

10 Alpha Wiskunde as buitekurrikulêre vak te neem. Alpha Wiskunde (vroeër Addisionele Wiskunde genoem)
is ‘n vak wat vir drie jaar aaneenlopend aan leerders met ‘n besondere belangstelling in Wiskunde aangebied
word. Indien jy daaraan dink om verder te studeer in ‘n studierigting soos ingenieurswese, statistiek, analise,
toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap of aktuariële en handelsrigtings, moet jy dit ernstig oorweeg.
Die prestasie behaal in graad 12 word nie op die GDO-sertifikaat gemeld nie. ‘n Addisionele sertifikaat word wel
uitgereik en is van onskatbare waarde vir verdere studie in die wiskunde- en wetenskapwêreld.

Die klasse word privaat aangebied deur mnre. Manie van Rensburg en Fanus Vorster. Handboeke is beskik-
baar.

Rekeningbesonderhede sal tydens die eerste klas aan leerders wat vir die vak inskryf, gegee word.
As Wiskunde jou passie is, sal Alpha Wiskunde jou bekendstel aan ‘n hele nuwe Wiskunde-wêreld.
Die neem van Alpha Wiskunde in graad 8 en 9 is nie ‘n voorvereiste nie.

NAVRAE

Departementshoof: Wiskunde
Estelle Oberholzer
estelle.oberholzer@klofies.co.za

Scroll to Top