ROBOTIKA
Robotika word as ‘n keusevak in graad 8 en 9 aangebied.
VAKINHOUD
Leerders leer die volgende vaardighede aan:
Graad 8
- Meganika en bou van ‘n basiese robot vir Klofie Robot Kompetisie.
- Programmering deur middel van Labview met Mindstorm EV3 robot.
- Programmering met Python deur van Mindstorm EV3 Robot gebruik te maak.
- Probleemoplossing van praktiese take deur middel van programmeringslogika gebruik te maak.
Graad 9
- Inleiding tot Java Programmering.
- Meganika en die bou van robot vir Klofie Robot Kompetisie.
- Programmering met Python deur van Mindstorm EV3 Robot gebruik te maak.
- Ingewikkelde Python-programmering en programmeringslogika.
Alle leerders is welkom om by die naskoolse robotikaklub aan te sluit. Hier kry leerders die geleentheid om aan FTC (ontwerp, CAD, 3D printing, konstruksie en programmering van groter robotte), FLL, WRO en ons eie Klofie Robot-kompetisie deel te neem.

