FILM & SOSIALE MEDIAKUNDE
Waar die kuns van filmmaak die krag van sosiale media ontmoet.
HOEKOM FILM & SOSIALE MEDIAKUNDE?
Wat as jy kon leer hoe om jou idees in inhoud te verander wat mense wíl kyk en deel – en sosiale media gebruik om jou toekoms te bou?
Film & Sosiale Mediakunde is nie net nóg ’n vak nie – dis ’n lewensvaardigheid vir elke leerder wat in vandag se wêreld wil uitblink. As jy weet hoe om inhoud te skep, sal jy nooit sonder werk wees nie. Hierdie vak leer jou vaardighede wat in enige beroep gebruik kan word – want in vandag se samelewing het elke besigheid inhoud nodig.
FILMKUNDE
In Filmkunde leer jy alles wat jy nodig het om ‘n film van begin tot einde te skep.
Van kinematografie en beligting, setontwerp en klere, tot spesiale effekte en grimering, toneelspel, klankontwerp, regie, draaiboekskryf, redigering, visuele effekte (VFX) en kleurgraderin
SOSIALE MEDIAKUNDE
Aanlyn Veiligheid & Digitale Geletterdheid
Leer om gevaartekens te herken, privaatheid slim te bestuur, en verantwoordelik aanlyn op te tree.
Algoritmes & Groei
Verstaan hoe platforms soos Instagram, Facebook, YouTube en LinkedIn werk
Inhoud met Impak
Skep inhoud wat tref, sin maak en deelwaardig is – met duidelike doel en gehoor in gedagte.
Digitale Entrepreneurskap
Verken hoe mense aanlyn ’n inkomste verdien – van handelsmerk-samewerkings tot inhoudsmonetisering.
Ontleding van Inhoudskeppers
Kies jou eie gunsteling-“influencer” en ontleed wat hulle uniek maak – van hul styl en strategieë tot wat werk (of nie werk nie).
WAT SE TOERUSTING BENODIG EK?
Net jou foon! Ons gebruik gratis programme vir alles – van draaiboekskryf tot redigering, sodat jy nie duur toerusting hoef te koop nie.
GRAAD 10 TOT GRAAD 12
Vanaf Graad 10 word die vak as ’n buitemuurse vak aangebied.
KOSTES
Addisionele heffing vir Graad 8 en 9 is betaalbaar. Verwys na FOOIE vir meer inligting.
GRAAD 10 TOT GRAAD 12
Vanaf Graad 10 word Film & Sosiale Mediakunde as ’n buitemuurse vak aangebied.

