VERRYKINGSVAKKE 2026
BASIESE GETALBEGRIP ONDERRIG (BGO)
“Do not worry about your difficulties in mathematics. I can assure you mine are still greater.” – Albert Einstein
Hoekom BGO?
Dit is baie algemeen dat mense angs in Wiskunde ervaar. Soms het jy die basiese boustene van Wiskunde in vorige grade nie baasgeraak nie, en dit kniehalter jou om verder in Wiskunde to vorder. Ongeag natuurlike talent, kan Wiskunde intimiderend of selfs oorweldigend wees. In BGO gaan jy strategiee en basiese konsepte aanleer wat as ‘n oorbrugging dien om jou te help om angs te oorwin en te vorder in Wiskunde.
Wat gaan ons doen in BGO?
Jy gaan die “Hoekem” van Wiskunde verken, in plaas daarvan om bloot formules en prosedures te memoriseer. Intuitiewe getalbegrip oor hoekom dinge werk soos hulle werk, kan abstrakte konsepte in “aha!” oomblike verander.
Ons gaan probleme in kleiner, hanteerbare dele afbreek en elke stuk een vir een aanpak. Hierdie metode maak nie net die probleem minder oorweldigend nie, maar help jou ook om selfvertroue to bou soos jy vordering stap-vir-stap sien.
Daar gaan ook sterk gefokus word op basiese kennis soos tafels wat die grondslag vir verskeie Wiskundige begrippe le.
In graad 8 en 9 bestaan Wiskunde vraestelle uit 25% kennis en 45% roetine prosedures. Daar is dikwels nie gedurende die Wiskunde periode genoeg tyd om hierdie tipe konspete in te oefen nie. In die Wiskunde periode word huiswerk gegee, maar leerders is nie noodwendig in staat om die werk suksesvol op hulle eie te voltooi nie. Jy gaan begelei word oor HOW om huiswerk te doen, en ook hoe om vir toetse en eksamens voor te berei.
Toelatingsvereiste
Daar is nie ‘n spesifieke vereiste waaraan jy moet voldoen om BGO te neem nie, maar dit word sterk aanbeveel vir leerders wat sukkel in Wiskunde.

